Min dinge kom by n geskenk wat met liefde met die hand gemaak is en boonop so mooi toegedraai is dat jy dit amper nie wil oopmaak nie. Die boek is n onontbeerlike gids as jy graag aan die gee-kant van so n geskenk is, of dit nou vir n verjaardag, Kersfees, mylpaaldag of ander spesiale geleentheid is.
Al die projekte is bekostigbaar en word maklik en duidelik, stap vir stap uiteengesit. Of jy n bakker of handwerker is of eerder n slag met naald en gare het, hier is oorgenoeg idees om jou vir n lang tyd besig te hou en die perfekte geskenk vir al jou geliefdes te vind.
Reviews
There are no reviews yet.