En die klippe sal uitroep
Verworpe silwer
Die uurglas loop leeg
In En die klippe sal uitroep is Miempie Rust, die distrik se nuwe verpleegsuster, nie bendruk met Emile de Jongh se sjarme nie.
Hoekom wou Louis Mocke so gou met Santie Marais trou in Verworpe silwer? Voor sy al die legkaartstukkies inmekaar kan skuif, tref ‘n ramp die Eloffsdallers. Hoekom is sy broer, Darius, so bekommerd oor Santie se toekoms? Boonop daag Louis se vorige liefde op met ‘n seuntjie aan die hand.
Karien Saayman swig voor die getroude dr. Arnold Lutz se glimlag in Die uurglas loop leeg. ‘n Huwelik met Hannes Eksteen word ‘n reddingsboei uit die stormwaters van begeerte, tot hy in ‘n ongeluk beland. Hannes se dokter, Christian Willems, ontwikkel ook gevoelens vir Karien. Dinge word verder gekompliseer wanneer Arnold ‘n wewenaar word.
Reviews
There are no reviews yet.