0
Your Cart
0
Your Cart

EINDELIK LIEFDE:
Schalk en Anke is vols van eenderse vere: albei onafhanklik, albei beroepsgedrewe. En albei het al seergekry. In Leipzig kom allerlei verborge vrese en drome na vore. En in Noorwe moet hulle n besluit neem.

NIE N TROUMAN NIE:
Gina kry daardie gesogte kontrak waarmee sy haar deurbraak in die wreld van binneversiering gaan maak. Net wat sy nodig het, want binne die volgende vyf jaar wil sy haar studiegeld aan haar ouers terugbetaal, met rente. Dus sal daar ook in hierdie tyd geen man op haar horison kan wees nie; sy sal moet werk. Saam met die kontrak kom n hotelmagnaat, n baie aantreklike ene. Heinrich hou egter geen gevaar vir haar in nie want hy stel nie nou of later in n huwelik belang nie, hoor sy sonder om daaroor te vra. Maar Gina is van warmbloedige Italiaanse afkoms en wel, Heinrich is n man.

OMPAD IN DIE VREEMDE:
N haar man se dood besluit Hermien om haar lewe te hervat. Op haar lang reis na Paternoster neem sy n ompad deur die Karoo. En dit is hier waar n bruingebrande boer haar pad kruis.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Eindelik Liefde + Nie n Trouman Nie & Ompad In Die Vreemde 3 in 1 Omnibus”

Your email address will not be published. Required fields are marked *