0
Your Cart
0
Your Cart

Elke swanger vrou wil die regte voedsel eet vir haar eie gesondheid en ter wille van die ontwikkeling van haar ongebore baba.

Die betroubare gids sal jou help om heerlike, gesonde maaltye voor te berei tydens jou swangerskap en ook daarna. Die regte voeding is van kardinale belang tydens jou swangerskap. In die boek verskaf kosskrywer Annabel Karmel met die hulp van dieetkundige Fiona Hinton, belangrike raad en nuttige wenke vir optimale voeding tydens elke stadium van jou swangerskap, toegerus met eenvoudige, dog heerlike, gesonde resepte. Die boek bevat ook raad oor hoe om met oggendnaarheid, slapeloosheid, sooibrand en lusteloosheid klaar te speel. Toegerus met die raad van kenners en meer as 90 resepte, kan jy verseker wees dat jy die beste voedsel inneem vir jou en jou ontwikkelende baba.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Eet Vir Twee”

Your email address will not be published. Required fields are marked *