0
Your Cart
0
Your Cart

Signed by Herman Lategan.

Herman Lategan word wyd gerespekteer as joernalis, en is beide berug n beroemd vir sy uitgesprokenheid en kwinkslae oor alles onder die son. In Hoerkind vertel hy sy lewensverhaal uit die hart uit, sonder doekies omdraai. Hy is een warm Februarienag in 1964 in n losieshuis in Kaapstad verwek buite die eg. Van jongs af het hy soos n weggooimens gevoel, want hy is deur grootmense wat die lewe op onvaste voet betree het, van die een stel hande na die ander aangegee.

Op 13 beland hy in die kloue van n geslepe pedofiel, n bekende Afrikaanse koerantman in daardie jare. Pas na sy 18de verjaarsdag, wanneer sy molesteerder met hom klaar is, word Herman sonder seremonie voor die deur van sy vervreemde alkoholis-pa afgelaai. In sy tienerjare bevriend hy Afrikaanse digters soos Sheila Cussons, Ina Rousseau, Barend J. Toerien en Casper Schmidt. N skool doen hy sy diensplig, maar word oneervol ontslaan en kom hy in New York aan, waar hy vir Andy Warhol op straat agtervolg en met n smorgasbord van eendagsvlinders kattemaai.

Terug in Suid-Afrika maak Herman opgang as joernalis wat na die wydste hoeke van die wreld reis. As volwassene voer hy n stryd met drank en dwelms en is n ruk lank haweloos. En vir menige werkgewer word hy die nagmerrie wat hulle die ergste vrees.

Reviews

There are no reviews yet.

Be the first to review “Hoerkind (Signed Copy)”

Your email address will not be published. Required fields are marked *